Die Stellenbosch-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof ná ‘n voorval op Uitzicht-plaas buite Stellenbosch op Donderdag 15 Mei.
Volgens kapt. Nathalie Martin, ‘n polisiewoordvoerder, is die polisie na die toneel ontbied ná die voorval op die plaas op die Polkadraai-pad. “Volgens die klaer, het sy en twee ander vroue het in die sitkamer van die huis gesit, met die skuifdeur wat op ‘n skrefie oop was sodat die hond in en uit kon gaan,” sê Martin.
“Terwyl hulle gesit en gesels het, het drie onbekende mans die huis betree en met hul vingers gewys dat die vroue moet stilbly. Die verdagtes het die slagoffers bevel om hul selfone te oorhandig, sowel as alle skootrekenaars en juweliersware.”
Martin voer aan dat die verdagtes daarna die drie slagoffers na die hoofslaapkamer geneem het, waar hulle al drie vasgebind is. “Die drie slagoffers se hande en gesigte was bedek, en hulle is met ‘n byl, panga en mes gewapen. Ná hulle die goedere geneem het en die slagoffers in die kamer vasgebind het, het hulle vanaf die toneel gevlug,” sê sy.
Die drie vroue het glo ná die slagoffers gevlug het, daarin geslaag om hulself te bevry. Hulle is al drie ongeduurd.
‘n Saak van huisroof word ondersoek en niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.
Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om met inligting oor dié saak na vore te kom. Enigeen met inligting kan die Stellenbosch-polisiekantoor by 021 809 5015 bel.