Saterdag 24 Februarie vier Huis Andrew Murray sy 120ste verjaardagfees.
Om hierdie mylpaal te vier, word daar ’n 5 km pretdraf/-stap en potjiekoskompetisie gehou.
Kostes vir die pretdraf beloop R20 per persoon vir registrasie met registrasie wat vanaf 08:00 plaasvind. Die potjiekoskompetisie kos R300 per span van vier lede.
Die amptelike verwelkoming is om 10:00 en daar gaan genoeg vermaak wees vir oud en jonk. Dit sluit in musiek, kos en vele ander programme vir die dag.
Maak seker jy lê besoek af by die Huis Andrew Murray-sportveld (Blouvleiweg, Wellington) waar al die verrigtinge plaasvind.
Om meer inligting oor die potjiekoskompetisie en pretdraf te kry besoek www.andrewmurray.org.za waar jy ook die registrasievorms kan aflaai en e-pos dit dan na bemarking@andrewmurray.org.za sodat jy gereed kan wees op die groot dag.
Vir verdere inligting oor enigiets te doen met dié dag of selfs HAM, kan jy kontak maak by info@andrewmurray.org.za en/of skakel 021 873 3834.