Huis Andrew Murray sorg daagliks vir 150 sorgbehoewende kinders wat óf wees gelaat is óf deur die kinderhof uit ouersorg verwyder is.
Op Vrydag 27 November hou Huis Andrew Murray ’n Korporatiewe Meesters-gholfdag by Wellington-gholfklub.
Die formaat is ’n vierbal-samespel en kos R3 000 per vierbal (R750 per speler).
Ingesluit is speelfooie, natgate, ’n ete en ’n prystafel.
Die afslaantye op die gholfdag is van 10:00 af.
Borgopsies is: R2 000 (putjie en bof ingesluit) en R3 000 (oefensetperk voor klubhuis).
Borge kry die geleentheid om hul maatskappy of produkte te bemark. Vir registrasies en borgbevestiging, bel Karen Petersen by 021 873 3834 of karen@andrewmurray.org.za voor of op Vrydag 30 Oktober.
- Huis Andrew Murray se November Kersfees Skoendoosprojek kom ook nader.
Indien enigiemand betrokke wil wees by die Kersfees Skoendoosprojek, bel Karen Petersen 021 873 3834.