Hoewel Wes-Kaapse Premier Alan Winde sy dankbaarheid uitgespreek het oor inisiatiewe in die Kaapse Wynland wat lei tot die stuiting van COVID-19 en die 85%-herstelkoers soos op 5 Augustus, moet almal steeds paraat bly.
Teen Dinsdag, 11 Augustus was die Covid-19-syfers as volg:
Aantal mense wat positief getoets het: 3,991.
Aantal mense wat reeds herstel het: 3,615.
Aantal Covid-19-verwante sterftes: 149.
Tans is daar 227 mense wat steeds die stryd aanvoer teen Covid-19.
Infrastruktuur
Ter ondersteuning van die gesondheidstelsel is ’n gedeelte van TC Newman Gemeenskapsdagsentrum omskep in ’n tydelike hospitaalsaal vir persone wie nié Covid-19 het nie.
Die tydelike hospitaal is op 4 Augustus ingewy en beskik oor 45 beddens. Die tydelike hospitaalsaal ontvang pasiënte wat hierheen verwys word deur Paarl Hospitaal sodat Paarl Hospitaal meer beddens beskikbaar het vir persone met Covid-19 wie hospitalisering benodig.
Inwoners word herinner daaraan dat pasiënte wie gehospitaliseer is, nie besoek mag word nie.
TC Newman bied steeds die omvattende pakket van primêre gesondheidsdienste waarmee lede van die gemeenskap bekend is. As jy by TC Newman aanmeld vir dienste soos jy gewoonlik hier ontvang het, moet jy nie van die gewone ingang gebruik maak nie.
Jy sal regsom die gebou moet loop om by die nuwe, tydelike ingang in te gaan vir gesondheidsorgdienste. Stellenbosch Hospitaal het op 5 Augustus sy toets-en-triage-eenheid in gebruik geneem.
Die eenheid is een van drie in die Kaapse Wynland.
Hierdie eenhede bied hospitale ‘n aparte area vir Covid-19-sifting en -toetsing indien nodig. Hoewel daar ’n afname in die hoeveelheid nuwe gevalle van Covid-19 in sommige areas in die Wes-Kaap is, sal hierdie eenhede steeds ‘n belangrike rol speel in die komende maande.
Kwarantyn en Isolasie
Terwyl jy in afsondering moet bly as jy vir Covid-19 getoets is en ook as jy positief getoets het, volg gesondheidswerkers op met almal wie positief getoets het, om seker te maak dat hulle hul toetsuitslae ontvang het en weet wat om volgende te doen.
“Daar is meer aan ‘contact tracing’ as wat jy sou dink,” sê me. Madelein Bauer, een van die spanleiers by die opsporing van mense wat positief getoets het vir Covid-19 en hul nabye kontakte.
“Baie inligting word gedeel wanneer iemand getoets word, maar wanneer iemand se uitslae positief is, het het hulle tog leiding nodig oor wat om volgende te doen. Ons oproepe aan mense wat positief getoets het (staatspasiënte sowel as privaatpasiënte) is gerusstellend. Ons maak seker die persoon weet hoe om homself veilig af te sonder en help om reëlings te tref indien dit nie moontlik is nie.”
Sy sê in die Witzenberg het goeie samewerking met die plaaslike regering dit moontlik gemaak dat indien gesondheidswerkers nie die persoon telefonies kon opspoor nie, die persoon by die huis gesoek is.
Só kon mense wat positief getoets het, gewaarsku word sodat hulle nie gaan werk het nie en Covid-19 nie daar versprei nie. Gee altyd akkurate inligting vir gesondheidswerkers.
Dit vergemaklik prosesse soos hierdie wat lewens kan red. Maak seker dat jy weet wie jy moet kontak as jy getoets is vir Covid-19, of as jy positief getoets het.
Wanneer jy in afsondering is, beskerm jy jou geliefdes. Almal wat wag op hul Covid-toetsuitslae en almal wat positief getoets het vir Covid-19, moet in afsondering wees. Kontak jou plaaslike gesondheidswerker in Drakenstein by 021 877 6513 of 079 418 9067 as jy jouself nie veilig kan afsonder by die huis nie. Tans is daar 40 mense by kwarantyn/isolasie-fasiliteite in die Kaapse Wyland. Vyf-en-sestig is reeds ontslaan.
Voorkom Covid-19
Jou masker moet jou mond en neus bedek. Dra dit altyd wanneer jy jou huis verlaat. Covid-19 versprei wanneer jy hoes, nies en spoeg. Gebruik jou gebuigde arm of ‘n sneesdoekie oor jou mond en neus om ander teen Covid-19 te beskerm. Gooi dadelik die sneesdoekie weg en was jou hande.