Die kinderboek, Katastrofe, geskryf deur De Wet Hugo word op 26 April om 18:00 by Bargain Books in die Paarl Mall bekend gestel. Mia Oosthuizen sal in gesprek wees met Hugo oor die boek. In Katastrofe kan kinders meer lees oor die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het wat van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel is. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Om die bekendstelling by te woon kan jy jou plek bespreek by 021 863 051l. Een gelukkige leser het ’n kans om die boek te wen. SMS die naam van die boek en jou naam na 066 484 3728.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article