Leerders van Hugenote Hoërskool in Wellington het bankvas agter die #Spring(BUCKS) for Ben-veldtog gestaan, waardeur geld ingesamel is vir die mediese kostes van een van hul medeleerders, Ben Kloppers. Hy ly aan ’n genetiese siekte, sistiese fibrose, wat onder meer lyers se asemhalingstelsel en groei aantas. Elke R5 wat op #BokFriday betaal is, sal gebruik word om sy gesin te help om vir hom ’n nuwe soort lewegewende medikasie te kan koop. Onder diegene wat hul ondersteuning gewys het, was (agter) Elzaan Bredenkamp, Lisa Bester, Inge Kuhn, Shani Olivier, Irishin Bredenkamp, San-mari Steenkamp, Marne Smith en Rouchelle van der Spuy, en (voor) Chanelle Grobbelaar, Ané Visser en Mari Smit. Mense wat Ben nog wil help, kan die “Ben Klopper Livesaving Drug”-blad op BackaBuddy of https://www.backabuddy.co.za/champion/project/ben-klopper-5683801681116156774 besoek, of Bennie Klopper by 082 417 7976 of bnklopper@gmail.com kontak.Foto: