Die jaarlikse interskole-sportdag tussen Hugenote Hoërskool en Hoërskool Swartland word Saterdag 17 Augustus in Malmesbury beslis. Die hoofwedstryd word 14:00 op Swartland se A-veld gespeel. Die o.19 A-seunshokkie se wedstryd word 08:10 op die Astro-veld gespeel. Die o.19A-meisieshokkiewedstryd vind 09:35 ook op die Astro-veld plaas. Die o.19A-rugbykaptein, Franko van Zyl, Charlize Bester (rosettemeisie) en die gelukbringer, Jan-Daniël Human van Hugenote, is slaggereed vir die stryd. Foto: Devidean Moses