Drie onderwysers van Hugenote Hoërskool het onlangs in sport presteer. Links is Elizmé Burger, wat aangestel is as afrigter van die Wes-Kaap se o.17 Willows-netbalspan wat 15 tot 22 Junie aan die nasionale “All Ages”-toernooi in Gauteng gaan deelneem. Sy het ook haar skeidsregtersgradering van Netbal Suid-Afrika ontvang en is nou deel van die Suid-Afrikaanse netbalskeidsregtersvereniging. In die middel is Niel Smit wat gekies is vir die Westelike Provinsie-streekspan vir manshokkie. Regs sit Jeanri Naudé, wat ook vir die Westelike Provinsie-streekspan vir vrouehokkie (A-span) gekies is. Hulle gaan die komende Junie-vakansie aan die Suid-Afrikaanse streekstoernooi in Gauteng deelneem.


Hugenote se personeel wys hoe dit gedoen word

You need to be Logged In to leave a comment.