Leerders het van Laerskool Hugenote het onlangs aan die redenaarskompetisie deelgeneem wat by die skool in samewerking met die ATKV gehou is. Hulle het almal ’n sertifikaat vir hul deelname ontvang. Agter van links is Marlize Meyer, Kara de Ridder, Elena Duvenage, Jacques Ferreira en Jan-Pieter Avenant. Middel: Hazel Marais, Ané Visser, Lian Luyt, Marilu Zeeman, Phumi Dyonta en Alco Bindeman. Voor staan Danielle Bantjies, Mialé Bindeman, Willem Spangenberg, Nicolaas Smit en Hugo Visse.