Wellington is omtrent in rep en roer oor die pas afgelope week se kultuurbedrywighede by Hugenote Hoërskool.
Die immergewilde Disney musiekblyspel, Beauty and the Beast het vir drie aande (17-19 Mei) by Hugenote Hoërskool gespeel en is elke aand uitverkoop.
Nagenoeg 1 500 konsertgangers het die blyspel gesien. Terugvoer uit die gemeenskap is wonderlik.
Veertig van Hugenote se leerders het die voorreg gehad om saam met ’n lewende orkes, ’n kundige produksiespan en die skoolkoor op te tree.
Hugenote beplan nóg ’n musiekblyspel vir volgende jaar.