Hugenote Hoërskool se leerders het onlangs aan die jaarlikse seshoekige swemgala deelgeneem. Vanjaar het hulle weer teen Worcester Gimnasium, Curro Langebaan en Hermanus en die hoërskole Swartland en Robertson deelgeneem. Hugenote het geskiedenis gemaak deur die gala die eerste keer te wen. Die seuns- en meisiespanne was algeheel eerste met verskeie eerste plekke en rekords.