Hugenote kry ’n astro

Groot opgewondenheid heers onder die Blackie-gemeenskap oor die koms van die skool se Astro-hokkiebaan.


Groot opgewondenheid heers onder die Blackie-gemeenskap oor die koms van die skool se Astro-hokkiebaan.

Na ongeveer twee jaar se harde werk, in diepte navorsing en baie beplanning is die baan nou ’n realiteit.

Die baan sal sy tuiste vind op die huidige C-hokkieveld van die skool, net onder Huis Andrew Murray en langs die Fonteinstraat-ingang.

Na deeglike oorweging is die tender toegestaan aan Synsport (Hoofkontrakteurs) en Strata Civils. Die terreinoorhandiging het plaasgevind op Maandag 14 November en die skool beplan om die projek te voltooi teen 27 Maart.

Skoolhoof Wikus Naudé het op sy beurt vertel van ’n droom wat al lank voor sy aankoms by Hugenote begin het.

Naudé vertel: “Ek het net die voorreg gehad om hier en daar insette te lewer voordat ons finaal kon begin bou. Ons sien almal met groot opgewondenheid uit na ’n nuwe era van baie ontwikkelings by ons pragskool. Dit alles doen ons vir ons leerders. Fasiliteite is een van die grootste bates in enige skool. Die Astro gaan net nog so bate by ons wees.”

Hugenote wil die Astro-komitee en beheerliggaam bedank wat baie tyd en ure ingesit het om hierdie ’n werklikheid te maak.

“Baie dankie ook aan al die ouers, onderwysers, oudleerders, besighede en leerders wat steeds hard werk om fondse te genereer vir die projek,” sê Naudé.

Enigeen wat nog wil betrokke raak (advertensieborde of skenkings), kan vir Johann Enslin ’n e-pos stuur na jenslin@hugenoteskool.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.