Hugenote-kollege maak reg vir ope dag 2018

Op Saterdag 13 Oktober 2018 van 09:00 tot 13:00 is dit weer daardie tyd van die jaar wanneer talle voornemende studente op die Hugenote-kollege toesak.


Op Saterdag 13 Oktober 2018 van 09:00 tot 13:00 is dit weer daardie tyd van die jaar wanneer talle voornemende studente op die Hugenote-kollege toesak.

Hierdie voornemende studente het almal een ding in gemeen, en dit is om hulle vir een van die verskeie diensberoepe wat die Hugenote-kollege binne die programme vir teologie en bediening en maatskaplike hervorming aanbied, te bekwaam.

Nie net gee hierdie dag aan voornemende studente die geleentheid om meer oor die genoemde programme uit te vind nie, maar ook om navraag te doen oor moontlike verblyfopsies, finansiële inligting en belangrike datums, asook om ’n voorsmakie van kampuslewe te bekom.

Hugenote-kollege se personeel is reeds met ywer besig met die nodige beplanning en voorbereidings en sien daarna uit om voornemende studente te ontvang.

Dr. Willie van der Merwe (Rektor van Hugenote-kollege) het die volgende gesê oor Hugenote-kollege se ope dag: “Ope dag is die ideale geleentheid vir gr.11- en 12-leerders asook ander lede van die publiek om waardevolle inligting te bekom oor studie by hoëronderwysinstellings. Wat hierdie ope dag so spesiaal maak, is dat voornemende studente en hul ouers direk met personeel kan gesels om hulle te vergewis van wat die onderskeie studierigtings behels asook watter ondersteuning aan studente gebied word.”

Vir meer inligting gaan loer gerus op Hugenote-kollege se webwerf, besoek die Facebook-blad of kontak die kampus direk by 021 873 1181.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.