Prof. Nelus Niemandt het op 1 Fe­bru­arie amptelik die leisels as die nuwe rektor van Hugenote-kollege oorgeneem. Foto: Johané Scott


Hugenote-kollege het aan die begin van Februarie ’n merkwaardige aanwins by die instansie verwelkom.

Prof. Nelus Niemandt (63) en sy vrou, Marthinet, het van hul tuisstad Pretoria na Wellington verhuis vir dié nuwe uitdaging as rektor van die kollege.

Voordat hy dié pos aanvaar het, was hy 13 jaar hoof van die departement godsdienskunde van die fakulteit teologie en religie by die Universiteit van Pretoria.

Niemandt se akademiese CV is ’n indrukwekkende versameling prestasies en kwalifikasies. Hy verduidelik hy doen veral navorsing oor missionale ekklesiologie, leierskap en die teologie van sendingwerk. Hy is ook ’n gepubliseerde outeur en sy boeke getitel Nuwe drome vir nuwe werklikhede, Hartsplek en die nuutste, Missional Leadership, is wyd gelees. Niemandt het ook al meer as 50 akademiese artikels en hoofstukke in akademiese boeke gepubliseer.

Hy sê hy is vertroud met die kerklike lewe en sê dit is in sy “agtergrond en lewensbloed”. Hy beskou homself as ’n skeppende denker en glo sy rigting van kennis maak die wêreld ’n beter, meer empatiese plek.

Die kollege se nismark en gepaardgaande doelwitte stem ook ooreen met sy visie vir die instansie en sy doelwitte vir die kollege.

Niemandt sê die kollege koester ’n kultuur van sosiale verbetering en om die wêreld ’n beter plek te maak. “Ons bied vir gemarginali­seerde mense die geleentheid aan om ’n tersiêre kwalifikasie te verdien en ons berei hulle voor om ’n verskil te maak,” sê hy.

Niemandt verduidelik van die kollege se spesialisvelde sluit byvoorbeeld in om maatskaplike praktisyns op te lei en hul doel is nou weer om die chaos in die samele­wing te orden.

Hy beklemtoon ook die Hugenote-kollege se kursus vir ’n sertifikaat in voorskoolse onderrig. Volgens hom maak die ontwikkeling van kindertjies ’n daadwerklike verskil in hul sosiale omgewing, veral in lae-inkomste gebiede. Hy sê ook hy ondersteun die kollege se standpunt dat vrouebemagtiging die sosiale orde van die wêreld kan verbeter.• The Huguenot College has welcomed a new asset to the institution since the beginning of February. Professor Nelus Niemandt (63) moved from his home town of Pretoria to Wellington for Niemandt’s new challenge as rector for the college.

You need to be Logged In to leave a comment.