Hugenote Hoërskool bied van 27 tot 29 Februarie sy jaarlikse basaar aan, en vanjaar gaan dit nog baie groter en beter wees!

’n Tradisionele “inry”-fliekaand is vanjaar op die program.

Vanaand (Donderdag 27 Februarie) vind die graadgroep-sangkompetisie om 18:00 op die paviljoen plaas terwyl die publiek op die gras piekniek hou. Kos en koeldrank sal te koop wees.

Môre (Vrydag 28 Februarie) word die inry-fliekaand op die B-rugbyveld aangebied. Die hekke open 17:30 en die fliek The Parent begin 19:30. Die koste is R250 per voertuig. Kosbestellings kan vooraf geplaas word.

Saterdag (29 Februarie) is basaardag waar heerlike pannekoeke en ontbyt, produkte by die vleistafel, hamburgers, poeding en koeke te koop sal wees. ’n Zumba en vermaak soos ’n springkasteel, waterglybaan en perderitte word ook aangebied.

Die skuurdans word ná donker onder die netbalafdak gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.