Hugenote hou galakonsert

Die jaarlikse galakonsert van Hugenote Hoërskool se koor, is ’n trotse hoogtepunt van ’n jaar se harde werk en ’n toonbeeld van die standaard wat die skool stel op alle terreine.


Die jaarlikse galakonsert van Hugenote Hoërskool se koor, is ’n trotse hoogtepunt van ’n jaar se harde werk en ’n toonbeeld van die standaard wat die skool stel op alle terreine.

Die koor se wye repertorium bied iets vir almal en sluit komponiste se musiek in soos Coenie de Villiers, Marc Hafso, Queen, Louis van Rensburg, Christopher Torr en vele meer.

Uittreksels van Beauty and the Beast sal ook by die konsert uitgevoer word. Kom luister na die koor en ’n gaskunstenaar. Dit sal ’n aand wees om te onthou.

Dit vind plaas op Dinsdag 27 September om 19:00 in die NG kerksaal, Kerkstraat, Wellington. Kaartjies is te koop by die skool teen R40 (volwassenes) en R20 (kinders).

  • Twee gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na die konsert.

SMS jou naam, kontaknommer en die naam van die skool na 37405 voor Maandag 14:00.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.