Die Trusteeraad van Hugenote Gedenkskool het verlede Vrydagaand met trots sy 20ste Marie Luttig-gedenklesing in die Toringkerksaal in die Paarl met ’n rekordbywoningsyfer aangebied – meer as 100 gaste. Die gasspreker was die bekende musikant, skrywer en TV- en radio-aanbieder Frazer Barry. Hy het gepraat oor die onderwerp “Watter Afrikaans, waar?” Frazer en sy gade, Deniel, het daarna die gehoor met hul musiek vermaak. By die geleentheid was, voor van links, Johan du Plessis, dr. Annemarie van Zyl, Hybré van Niekerk en dr. Carel Stander. Agter van links is Ritz de la Bat, voorsitter van Hugenote Gedenkskool se trusteeraad, en Frazer Barry. Foto: Leanne Stander