Hugenote en adv. Thuli gesels saam oor sosiale leiers

Verlede Dinsdagaand het Hugenote Kollege ’n nuwe veldtog genaamd “Buiding a next generation of innovative social leaders” by ’n spoggeleentheid in Franschhoek, bekend gestel.


Verlede Dinsdagaand het Hugenote Kollege ’n nuwe veldtog genaamd “Buiding a next generation of innovative social leaders” by ’n spoggeleentheid in Franschhoek, bekend gestel.

Die gaste het behoorlik aan die lippe van die gasspreker vir die aand, die inspirerende advokaat Thuli Madonsela wat in eie reg ’n innoverende sosiale leier is, gehang.

Hugenote Kollege, ’n Christelike private opleidingsinstansie wat spesialiseer in die opleiding van leiers in teologie en bediening sowel as professionele persone in die maatskaplike welsynsektor, is bekend vir die sosiale leiers wat hulle jaarliks lewer.

Leiers met ’n roeping wat in die kollege se stigter, dr. Andrew Murray, se voetspore volg om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak.

Ander soortgelyke leiers moet ook nie vergeet word nie.

Leiers soos oudpresident Nelson Mandela, aartsbiskop Desmond Tutu en dr. Beyers Naudé is maar enkele voorbeelde.

Ordinary men and women of virtue, wisdom, diplomacy and courage who inspires greatness in others and move the course of liberty”, soos so goed deur die George Wythe-universiteit se missie opgesom.

Die nuwe veldtog van Hugenote Kollege is daarop gefokus om ondersteuning te bekom vir spesifieke projekte binne die kollege.

Die kollege wil so bydra om die volgende generasie van innoverende sosiale leiers toe te rus met kursusse in die programme teologie en bediening, asook maatskaplike hervorming.

Die kollege wil ook die belangrikheid van sosiale leiers en mentors aan die jeug van Suid-Afrika verduidelik.

Madonsela het aangesluit by die boodskap en klem gelê op die belangrikheid om in die jeug van die land te belê.

“Ek sien ’n toekoms waar geen kind uitgesluit word van enige tersiêre studies weens die gebrek aan geld of infrastruktuur nie.

“Ek droom van ’n opvoedings-omgewing waar nie een onsedelike lewensomstandighede hoef te verduur ter wille van onderwys- en opvoedingsinhoud wat nie rasse-, geslags- en ander sosiale stereotipes of historiese ongeregtighede versterk nie,” het sy gesê.

Vir meer inligting oor hierdie veldtog of om deel te neem, skakel Hugenote Kollege by 021 873 1181, stuur ’n e-pos aan bestuur@hugenote.com of besoek die webtuiste www.hugenote.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.