Die Hoërskool Labori se o.14B-rugbyspan het sy heel eerste wedstryd van die seisoen teen die Hoër Jongenskool Paarl se o.14F-span gespeel. Labori se span het die wedstryd 21-10 gewen. Die skool is baie trots op hulle! Agter van links is Marcus Mentoor, Hugo Combrink, Jermain de Wee, Tyler Wayne, Liam Petersen, Jasper Smit, Avian Kok, Rudi Weideman, Marchelino Arries, Stefan Venter en Adrian Geyer. Middel: De Wet Viviers, Leon Snyman (afrigter), Matt Davids, Lefa Makoena, Kaine Julius, Cee-Jay Julius, Joshua Louw, Christopher Carstens, Luke Hartman, en Gerhard Prinsloo (afrigter). Voor: Dylan Kershoff, JD Oosthuizen, Daniel Chatburn, Amiel Andrews, Jean Bruwer en Juan van Tonder.