Ek lees onlangs dat die munisipaliteit gesê het hy prioritiseer sekere kern- en hoofroetes met die herstel van slaggate – ’n absolute leuen.

Is paaie soos Lustigan- en Van der Stelstraat dan nie ook kernroetes nie?

Ek was verlede week verstom toe ek sien munisipale voertuie swaai uit vir ’n slaggat amper so groot soos my kind se swembadjie in Van der Stelstraat.

Hoekom is dit vir die munisipaliteit belangriker om slaggate in ’n woonbuurt soos Klein Parys (tussen huise) te herstel? Dit terwyl motoriste en voetgangers se lewe op die besige paaie in gevaar is.

Lustigan- en Van der Stelstraat is gedurig vol voetgangers, veral kinders in die geval van Van der Stelstraat.

Ek doen dus ’n beroep op die munisipaliteit om werklik te gaan herbesin oor hoe hy die herstel van slaggate prioritiseer.


J. Stoltz,

PAARL

You need to be Logged In to leave a comment.