As ’n jare lange inwoner van Drakenstein het ek al baie gehoor hoe kla die mense oor vullis wat morsig in Paarl, Wellington en ander omliggende dorpe rondgestrooi word.

Ek dink ons is vinnig om klagtes by die munisipaliteit in te dien eerder as om die einste vullis wat ons inwoners so rondgooi, op te tel.

Ja, dit is soms ons wat so morsig is en niks van ons dorpe dink nie, maar vinnig is om die vinger na die munisipaliteit te wys. As jy nie ’n drom het nie, gaan doen dan aansoek vir een.

Ons moet ophou om die verantwoordelikheid van onsself af weg te skuif en begin eienaarskap neem vir die netheid van ons trots. Dis óns dorp.

Ouers moet ’n voorbeeld stel en hul kinders van kleins af leer hoe en waar vullis hoort – binne-in ’n vullisdrom. En ons moet ook self die moue begin oprol en ons eie gemors self skoonmaak. Ons het nie ’n verskoning nie.


Edith Alice,

paarl

You need to be Logged In to leave a comment.