St. Albans Primêr het onlangs sy prettige karnaval in Wellington gehou. Daar was heerlike stalletjies om van te kies en te keur, asook baie pret vir die jongspan. Bo geniet Lynette Engeldoe, Hosea Cupido en Jayden Julies hul rit op die mallemeule.Foto’s: Charl Williams


St. Albans Primêr in Wellington het Vrydag 13 en Saterdag 14 Maart sy 30ste karnaval gehou.

Die karnaval word jaarliks aangebied en is ’n groot trekpleister vir oud en jonk.

Buiten die mallemeule, verskeidenheid stalletjies en heerlike eet- en drinkgoed wat te koop was, het die gemeenskap van Wellington die geleentheid gehad om verskeie kunstenaars in aksie te sien.

Vanjaar was die bekende sanger Emo Adams op die verhoog. Ander kunstenaars wat opgetree het, was Younsta CPT, Robin Pietersen, Ashur Pietersen, Theo Watt, Cheswin Ruiters en Talitha terwyl Waffels & Mo die besoekers lekker laat lag het. Plaaslike kunstenaars soos Janine Jacobs, Frederico Grainger, Mario Arnolds, A1-Crew, Morné Meyer, DJ Anton en Rowan Geneke het ook hul staal gewys.

You need to be Logged In to leave a comment.