Hoop vir 2018-druipelinge

Het jy dalk jou 2018-matriek-eindeksamen gedruip?.


Het jy dalk jou 2018-matriek-eindeksamen gedruip?

En wil jy graag jou droom voortsit om jou eksamen te herhaal?

Of moet jy eerder jou antwoordstelle weer laat nasien om die aanvullende eindeksamen te gaan skryf?

Matriekkandidate van Drakenstein wat nie in die November 2018- nasionale seniorsertifikaateksamen suksesvol was nie, kan hulle vandag op die webwerf van die departement van onderwys registreer.

Graad 12-leerders van 2018 mag slegs registreer indien hulle nie aan die vereistes vir die November-eksamen voldoen het nie; hulle het geslaag, maar wil hul prestasie verbeter; of hulle was afwesig van die skryf van een of meer vraestelle weens swak gesondheid of ander onvoorsiene omstandighede.

Die sluitingsdatum vir aansoeke om te herskryf, sluit vandag (Donderdag 31 Januarie).. Besoek die webwerf wcedonline.westerncape.gov.za/documents/NSC-results/supp-exam1.html, gaan loer na examresults@westerncape.gov.za of skakel 021 467 2300 vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.