12 January
. On Tuesday the relatives of 10-year-old Lihle Zenzile gathered in the home where her body had been found in a white trunk in her parents’ bedroom the Friday night before. A cousin, Ayabulela Zenzile (18), who lived in the same house in Lazola Street, Mbekweni, later handed himself over to police confessing to murder.
19 Januarie:
. Inwoners van die Paarl en Wellington is ontnugter deur die nuus dat die verskriklike reuk wat oor dié dorpe hang, aan die krematorium in Dal Josafat toegeskryf kan word. ’n Inwoner het aan Paarl Post gesê sy sal die reuk beskryf as “erger as ’n bos wat brand”.
26 Januarie:
. ’n Grusame moordtoneel in Joubertstraat, Paarl-Sentraal, is die tragiese einde van die lewe van Karmen Malan (65) in die huis waar sy die afgelope vyf jaar alleen vertoef het. Malan se lyk is op Saterdagaand (21 Januarie) omstreeks 21:30 deur familielede aangetref nadat haar tuinwerker haar vroeër die dag nie in die hande kon kry nie.
2 Februarie
. Die emosies het Woensdagmiddag ná die vurkhyser-fratsongeluk by die KWV-perseel hoog geloop. Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, het bevestig die 28-jarige Roché Fortuin in die voorval gesterf het. Du Plessis sê dit blyk die bestuurder van die vurkhyser het eers die masjien tot stilstand gebring nadat hy besef het hy het iets getref.
9 Februarie
. Betogers het Woensdag (8 Januarie) die strate ingevaar onderweg na die Drakenstein-munisipaliteit se kantoorgebou in reaksie op ’n vurige geveg wat onder inwoners en munisipale magte oor onwettige besettings uitgebreek het.
16 Februarie
. Een gevangene is verlede Woensdagoggend (8 Februarie) by die Drakenstein- Korrektiewe Sentrum noodlottig gewond nadat ’n groep gevangenes vier tronkbewaarders aangeval het.
2 Maart
. Minder as vyf maande nadat die Drakenstein-munisipaliteit ’n toetsprojek van stapel gestuur het om “dromkrappers” in wettige herwinningsentrepreneurs om te skep, is die projek geskrap. Dié projek, wat uit die staanspoor baie teenkanting uit die gemeenskap ontvang het, is Dinsdag op die munisipale raadsvergadering geskrap.
16 Maart
. Skokgolwe is verlede Donderdag (9 Maart) deur die Paarl en Wellington gestuur toe twee gerespekteerde skoolhoofde van dié onderskeie dorpe in hegtenis geneem is. Mary Banda van Klein Nederburg Sekondêr en Harvey Cupido van Wellington Sekondêr is deel van ’n groep mense wat in hegtenis geneem is vir hul vermeende betrokkenheid by die onregmatige bestuur van sommige leerders se vervoertoelaes.
6 April
. Die alombekende Mev. Williams, wat jare lank al as senior staatsaanklaer by die Paarl-landdroshof dien, het verlede week afgetree. Juanita Williams (61) sê haar aftrede kom nadat sy 39 jaar in die regte gewerk het.
13 April
. Die 17-jarige Chris Jordaan van die Hoër Jongenskool Paarl is steeds onder sterk verdowing in die waakeenheid in ’n hospitaal in Pretoria nadat hy verlede week ’n kopbesering in ’n rugbywedstryd in dieselfde stad opgedoen het.
20 April
. Mense wat dae lank toustaan terwyl hope beddegoed die sypaadjie bedek weens diegene wat hul wagbeurt buite die departement van arbeid in Paarl wil behou, getuig van vertragings wat begunstigdes geen troos kan bied nie.
25 Mei
. Net as ’n mens dink sy kan nie nóg hoogtes bereik nie, wys Wellington se dowe klimmer, Vicky du Preez, die murg wat in haar pype steek nadat sy in April vanjaar ’n bergroete op die berg Everest voltooi het.
1 June
. Come 1 July, residents of Drakenstein Municipality will see a 15,1% increase in electricity tariffs – this comes after the 2023-’24 budget was approved by Council on Tuesday.
1 June
. An infamous Rwandan fugitive, Ukiliho Kayishema Fulgence, appeared in the Cape Town Magistrates’ Court on Friday on multiple charges related to fraud and immigration violations after being arrested in Paarl on Wednesday (24 May) in connection with genocidal crimes in Rwanda.
15 Junie
. Woensdagoggend vroeg is die Drakenstein-vallei in chaos gedompel toe watervlakke ná die stortreën oornag vinnig gestyg en verskeie paaie oorstroom het. Die oorstromings was as gevolg van ’n kombinasie van voortslepende reënweer, die Bergrivierdam wat die afgelope twee weke oorloop, asook die sluise van die Wemmershoekdam wat gister geopen is nadat dié dam ook vol geloop het.
20 Julie
. Die Wellingtonse oumagrootjie Susana “Sarie” de Villiers, wat byna twee jaar gelede die berg af gery het in Bainskloofpas met drie van haar agterkleinkinders, is van moord aangekla.
26 Julie
. Huldeblyke het verlede Donderdagmiddag (20 Julie) ingestroom toe die nuus breek dat die akteur Bradley Olivier, ’n oud-leerder van New Orleans, oorlede is.
10 Augustus
. Paarl Boys’ High het die afgelope Saterdag in die Faure-stadion te laat wakker geskrik, met die gevolg dat Paarl Gimnasium die interskole-rugbywedstryd voor meer as 20 000 toeskouers met 20-17 gewen het.
17 Augustus
. Paarl pronk weer trots met ’n klompie Springbok-rugbyspelers wat gekies is vir die Wêreldbeker-Bok-groep, wat vir die Rugby-wêreldbeker, wat in September in Frankryk afskop, na Frankryk op pad is.
. Die plaaslike brandweer en reddingsdienste het Dinsdagoggend gespook om inwoners van ’n brandende woonstelblok in Kasteelstraat in die Paarl te red. Maar een mens kon nie daarin slaag om uit sy woonstel te ontsnap nie en het doodgebrand.
24 Augustus
. Daar word uit verskeie oorde op ’n dringende ondersoek aangedring ná bewerings van korrupsie teen die uitvoerende burgemeester van Drakenstein en lede van sy burgemeesterskomitee. Dit het aan die lig gekom dat Conrad Poole deur ’n interne DA-ondersoek in die gesig gestaar word.
. Ná meer as ’n dekade se rompslomp en hofverskynings is Johan du Toit Vrydag (18 Augustus) in die streekhof in Kaapstad vrygespreek op aanklag van die moord op sy vrou, Chanél du Toit.
14 September
. Ricardo Mackenzie, MEC for Mobility in the Western Cape, on Tuesday introduced 31 of 122 brand new BMW high-performance highway patrol vehicles fitted with the latest in innovative technology, such as automatic number plate recognition cameras.
28 September
. Dalene Slabbert (63), ’n afgetrede onderwyseres van die Laerskool Swartland in Malmesbury, wat verlede Dinsdagaand saam met een van haar honde in ’n huisbrand in die Paarl dood is, se dogter sê haar tragiese dood laat ’n verdere leemte in die familie nadat hul pa slegs twee jaar terug ook oorlede is.
12 Oktober
. ’n Onlangse opname deur die Drakenstein-munisipaliteit het getoon dat bykans 500 haweloses op dié munisipaliteit se strate rondswerf, met die meeste wat waarskynlik in die Paarl aangetref word.
19 Oktober
. Die Chicago-gemeenskap in die ooste van die Paarl is die afgelope week geruk deur verwoestende brande wat Saterdagaand die lewe van een mens by die Lovers Lane- informele nedersetting en Dinsdagoggend drie gesinslede by ’n afsonderlike brand naby die Rietbok-woonstelle geëis het.
9 November
. Die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, het die Vlakkeland-behuisingsprojek tussen die Paarl en Worcester, waar ’n eerste groep begunstigdes se huise met sonkragpanele vir geisers toegerus is, ter herdenking van Gestremdheidsbewusmakingsmaand besoek.
16 November
. Op 19-jarige ouderdom bel Canan Moodie se ma hom met die goeie nuus dat hy vir die Springbokspan gekies is en twee jaar later verteenwoordig hy die land by die Rugbywêreldbeker in Frankryk – ’n droom wat verwesenlik is, maar tog met uitdagings gekom het.
23 November
. Die landbougemeenskap langs die Keerwederpad in die Paarl is woedend nadat vier seuns die afgelope naweek aan die voet van Du Toitskloofpas aangerand is.
7 Desember
. Die stank weens ’n voortslepende veldbrand by die Wellington-afvalwatersuiweringsaanleg is nou nie meer slegs ’n kwellende probleem vir Wellingtonse inwoners nie, maar dit word ook in gebiede soos Newton, Groenheuwel, Klein Parys en Noorder-Paarl ervaar.
14 Desember
. Die polisieman wat die afgelope naweek ’n 28-jarige man in Paarl-Oos na bewering koelbloedig doodgeskiet het, is nog op vrye voet.
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) sê hy is nog nie aangekla en in hegtenis geneem nie, hoewel ’n moorddossier geopen is en ondersoek word.
Die konstabel, wat uitgewys is as die een wat die sneller getrek het, is verbonde aan die spesiale taakmag in Kaapstad, en was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.


