Die slimkop Sachin Seale, ’n graad 6-leerder van Wellington Primêr, het onlangs ses toekennings ontvang by die skool se School of Skills-geleentheid. Hy is ook as hoofseun vir volgende jaar aangewys. Die akademiese toekennings wat Sachin ontvang het, is vir natuurwetenskappe en tegnologie, sosiale wetenskappe, Engels huistaal, Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde en lewensvaardighede. Hier staan Sachin saam met sy onderwyser, juffrou Ginelle Cupido.Foto: Allwyn Petersen