Twee ruiters van Hoof Prints-perdryskool het deelgeneem aan die SA National Equestrian Schools Association se kompetisie wat op 17 Junie in Stellenbosch plaasgevind het. Baie geluk aan Chandre Viviers (regs) van die Laerskool Noord-Eind wat met haar perd, Stand by Me, 1ste, 2de, 3de en ’n 4de plasings ontvang het. Karissa Koegelenberg van die Laerskool Gimnasium het ook met haar perd, Song of Sunshine, 2de, 3de, 3de en 4de plasings ontvang. Albei ruiters word afgerig deur Jeanette Cocklin, eienaar van die ryskool in Paarl.