Vanjaar is ’n spesiale jaar vir die Frank Pietersen-musieksentrum. Vaughan Pietersen (heel links), skoolhoof vir die afgelope 30 jaar, vier vanjaar sy 65ste verjaarsdag en sy aftrede uit die onderwys. Ter viering hiervan vind ’n afskeidskonsert in die Paarl-stadsaal hierdie Vrydag (6 September) om 19:00 plaas. Kaartjies is te koop teen R60 vir volwassenes en R30 vir leerders en pensioentrekkers by die Frank Pietersen-musieksentrum se kantoor of by die deur. Musiekliefhebbers word aangeraai om kaartjies vroegtydig te koop om teleurstelling te voorkom. Skakel Elizabeth Nontes by 021 872 2123/4 vir enige navrae.