Die eerste groot winter-koue het sy verskyning gemaak, ook met ’n donsskimmel van sneeu op die baie hoë bergpieke. Dus het die tyd aangebreek vir lang, stadige sielskos om die koue mee af te weer.
Hierdie Hongaarse Goulash is ware trooskos wanneer die weer buite snerpend is.
Supersagte stukkies beesvleis geprut in ’n diep, ryk sous vol heerlike paprika, ’n tikkie tamatie en karwysaad, afgewerk met suurroom, maak dit ’n baie geurige en hartlike goulash.
Hierdie resep word in kitspot gemaak, maar word net so goed op die stoof, of self in ’n potjie oor die kole, gemaak. Sit dit voor saam met noodles van jou keuse vir ’n ware Hongaarse ervaring.
Jy benodig
(genoeg vir 6 porsies):
1 kg beenlose beesvleis vanaf die voorkwart, soos dikrib of skenkel
3 eetl. botter
1 groot ui, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gesny
2 eetl. soet Hongaarse paprika
2 eetl. tamatiepasta
3 eetl. meel (2 vir die bredie en 1 vir die roux)
2 tlp. karwysade
3 koppies beesaftreksel
2 soetrissies (enige kleur) in klein blokkies gesny
2 eetl suurroom (nog’n bietjie vir opdiening)
Vars gekapte pietersielie om te garneer
So maak jy:
Stel jou kitspot op die soteer-instelling. Sodra dit opwarm, voeg botter en uie by, soteer dan die uie vir sowat vyf minute (tot deurskynend en sag). Voeg knoffel by en kook vir nog ‘n minuut.
Sny intussen jou beesvleis in klein blokkies. Voeg dit in die kitspot en soteer vir sowat 10 minute.
Voeg paprika, meel, tamatiepasta en karwysaad by. Meng alles saam en roer deur vir so een minuut.
Voeg die beesaftreksel by, bedek en stel drukkoker vir 20 minute op hoog. Sodra die 20 minute klaar is en jou drukkoker in ’n warm stelling gaan, moenie die druk laat los nie! Laat dit natuurlik afneem. As jy die druk los, kan die vleis taai word en sal dit nie so sag wees nie. Dit kan ’n rukkie neem, tussen 20 en 40 minute voordat al die druk vrygestel word. Maar die wag is die moeite werd.
Sodra jou druk vrygestel is, maak die kitspot oop en voeg gekapte soetrissies by. Soteer en kook die goulash met soetrissies vir nog 10-15 minute tot soetrissies sag is. Proe vir geurmiddels en pas met sout en peper aan indien nodig.
Berei intussen die suurroomsous voor: Meng een eetlepel meel met suurroom en ’n skeut water en meng tot gladde pasta.
Sodra jou goulash heeltemal gaar is, meng ’n eetlepel warm goulash-vloeistof by die suurroommengsel en meng goed. Gaan so voort totdat jy ’n volle koppie hiervan het en gooi dit dan by die goulash en meng goed deur.
Laat kook vir ’n minuut of twee totdat die sous verdik het.
Bedien met ’n sprinkel vars pietersielie op noodles, rys of kappokaartappels.
Geniet dit
Stoof metode
Voeg botter en uie in ’n groot swaar bodempot, soteer dan die uie vir sowat vyf minute (tot deurskynend en sag). Voeg knoffel by en kook vir nog ‘n minuut.
Sny intussen jou beesvleis in klein blokkies. Voeg dit in die pot en soteer vir sowat 10 minute.
Voeg paprika, meel, tamatiepasta en karwysaad by. Meng alles goed saam.
Voeg dan die beesaftreksel by, bedek en kook vir sowat 1.5 uur (tot die vleis sag is).
Voeg gekapte soetrissies by, bedek en kook vir nog 10-15 minute tot soetrissies sag is. Kyk vir geurmiddels en pas met sout en peper aan.
Volg die metode bo vir die suurroomsous asook bediening.