Twee passievolle hokkiespelers van die Paarl-hokkieklub, Sian Maart (links) en Carlon Mentoor, is ingesluit in die o.21- Afcon-span, wat in Desember in Namibië aan die kwalifiserende rondes vir volgende jaar se o.21-hokkie-wêreldbeker, wat in Indië sal plaasvind, gaan deelneem. Hulle reis vroeg in Desember na Windhoek vir die o.21-Afcon om vir die o.21-Junior Wêreldbeker volgende jaar in Indië te kwalifiseer. Die Suid-Afrikaanse o.21-span het verlede maand in die interprovinsiale toernooi vir die eerste keer die senior afdeling gewen.