Waar’s my dwarsbalkie? Só het Hannes Burger van Bankfin Makulus seker gewonder toe hy in die eindronde van die Wellington-krieketklub se gewilde ses-aan-’n-kant-toernooi skoongeboul is. Agter die paaltjies is Tertius Joubert van die plaaslike span Lillimex, wat as die wenners uit die stryd getree het. Ook in die wenspan was Ian Janse van Rensburg, Renier Lourens, Malan Laubscher, Van Zyl de Wet en Andrew Victor. Lourens, wat binnekort 52 jaar oud word en 2024 se oudste speler is. In die Bowl-eindronde het Free Hitters vir Inn 8 geklop en in die Plaat-finaal was MPVP te sterk vir Heavy Duty. Foto: Engela Duvenage


Hoe’s daai!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article