Een van die Boland se top-skoleatletiek-byeenkomste, 4M, is Dinsdag (20 Februarie) by die Dal Josafat-stadion gehou, toe die streek se top-meisieskole mekaar op die atletiekbaan gepak het. Die Hoër Meisieskool Paarl (HMP) het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die wennerstrofee weggeloop – met 530 punte. Bloemhof was tweede (365) en die Hoër Meisieskool La Rochelle derde (364). Rhenish Girls High behaal die vierde plek (122). Hier vier die atletiekkapteine behoorlik fees na hul oorwinning. Van links is Barbara de Kock, Elzahn Nel en Lisa Ahrens. Foto’s: Ernest Kilowan

Credit: SYSTEM

Hoër Meisieskool Paarl seëvier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article