Die Hoër Landbouskool Boland se interskolewedstryde teen Hoër Landbouskool Oakdale kom hierdie Saterdag aan die beurt.
Al die rugby wedstryde word by Landbouskool Boland gespeel met die eerste wat reeds om 08:20 afskop.
Die volgende spanne speel om 08:20: o.19C op die B-veld, Groenberg; o.16B op die C-veld, Tafelberg; o.15B op die D-veld, Paarlberg; o.14A op die E-veld, Kasteelberg en die o.14D’s op Alfons.
Om 09:20 speel die o.15D’s (E-veld, Kasteelberg) en die o.14C’s (Alfons).
Om 09:30 speel die o.19E’s (D-veld, Paarlberg); die o.16C’s (C-veld, Tafelberg) en die o.15A’s (B-veld, Groenberg).
10:20: o.10C’s (E-veld, Kasteelberg) en o.14B’s (Alfons), gevolg deur die o.19B’s om 10:30 op die A-veld, Paardeberg en die o.16A’s op die B-veld, Groenberg.
Om 10:40 speel o.19D (D-veld, Paarlberg) en o.19F (C-veld. Tafelberg).
Die eerste spanne word om 11:55 voorgestel, waarna die o.19A-wedstryd om 12:15 op die A-veld, Paardeberg, afskop.