Die Hoër Meisieskool Paarl het Dinsdag sy kleuresport-byeenkoms by Buco Brugstraat-sportterrein in die Paarl gehou. Die verskillende spanne se dirigente was in prettige uitrustings geklee. Die wenspan, wat ook die geesbeker gewen het, was die Groenspan.