Sewe van die Hoër Meisieskool La Rochelle se leerders is in die onderskeie Wes-Kaapse netbalspanne opgeneem. Hulle neem van 16-19 Junie aan die All Ages-toernooi in Gauteng deel. Mandy Hermanus, ’n opvoeder by La Rochelle, is gekies as afrigter van die o.14-Oakes-span. Agter is Ninke Coetzee (o.15), Iselle Acker (o.17), Zahrah Noah (o.18) en Meacke Lawrence (o.14). Voor is Tyler Hunt (o.15), Maroné Uys (o.17), Siba Ngcumbe (o.14) en Mandy Hermanus.