Die Hoër Meisieskool Paarl is bitter opgewonde om steeds vir sy matrieks ’n spesiale afskeid hierdie jaar te hou. Die sangeres Tasché Burger het onlangs personeel gehelp met die uitdeel van die uitnodigings en sommer ook ’n paar liedjies gesing. Van links is Kerrin de Nobrega (gr. 12), Tasché Burger en Alexandra During (gr. 12).