Die Suid-Afrikaanse Reserwebank in samewerking met die departement van basiese onderwys hou elke jaar ’n monetêre-beleidskomitee-skolekompetisie vir ekonomie-leerders wat huidige ekonomiese data moet ontleed. Die leerders moet dan ’n voorspelling maak wat die monetêre beleidskomitee kan laat besluit oor die repokoers van Suid-Afrika. Uit 102 aanbiedinge in Suid-Afrika en ná twee keer se heen en weer vlieg na en van Johannesburg is vier leerders van die Hoër Meisieskool Paarl se aanbieding vir die derde plek gekies. Van links is Elmari Basson (HMS-ekonomie-onderwyser), Laricha Craven, minister Angie Motshekga (basiese onderwys), Zanke Nell, Jacqueline Swart en Lia du Plessis.


HMS Paarl presteer in skole-ekonomiekompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.