Al het die kwik baie hoog in Paarl gestyg, was die Hoër Meisieskool Paarl se o.18-netbaldag op Saterdag 17 April ’n groot sukses. Elke speler het haar hart uit gespeel. Die skool, wie se A-span die eerste plek beklee en hul B-span die sewende plek ingeneem het, is dankbaar vir puik netbal ná ’n jaar van leë bane. Agter: Zunika Vermeulen, Caro Schultheiss, Melisa Kotze, Rochelle Rijnsburger, Renezia Andrews en Andrea Beyers. Voor: Luané le Roux, Adri Carstens, Kaylin Mostert, Zoë Tobias en Alisa Jacobs.


HMS-netbaldag suksesvol ten spyte van hitte

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article