HMS 3de kunstefees

Die Hoër Meisieskool Paarl bied vanjaar sy derde interskolekunstefees aan.


Die Hoër Meisieskool Paarl bied vanjaar sy derde interskolekunstefees aan.

“Ons fokus het net heeltemal na ons eie kunstefees geskuif,” verduidelik Lehan Burger by HMS.

Sy sê almal by die skool is besig om baie hard te werk om die skool se kultuur op te bou.

“Ek is bewus van ander skole wat ook ’n interskolekultuurfees het. Ons het gedink ons moet ook so ’n geleentheid vir ons leerders skep aangesien ons ’n groot interskolesportdag het. Kultuurleer­ders oefen so hard behind the scenes en kry in die algemeen nooit eintlik die erkenning wat die sportleerders kry nie,” verduidelik Burger.

Hierdie kunstefees is gemik op leerders van gr. R tot gr. 7 en word elke jaar by HMS in die saal gehou.

Hannalie Muller, die drama-onderwyser van die laerskool, het ’n leerplan saamgestel met alle inligting wat skole sal nodig hê.

Gesoute beoordelaars word gebruik om almal ’n regverdig kans te gee.

Die kategorieë waarin deelnemers kan deelneem, is voordrag, prosa, tweespraak, monoloog, spreekkoor, groepwerk, resitasie, koor, vers en groepwerk.

“ ’n Mamma het ’n pragtige sertifikaat ontwerp. Ons het ook ’n ‘akker-prys’ vir die beste item in elke kategorie,” sê Burger.

Die datums vir die kunstefees is:
. Maandag 14 Mei: Graad R en gr. 1 Afrikaans-voordrag, English recitation, Spreekkore/Koorvers.
. Dinsdag 15 Mei: Graad 2 Afrikaans-voordrag, English recitation, Spreekkore /Koorvers.
. Woensdag 16 Mei: Graad 3 Afrikaans-voordrag, English recitation, Spreekkore /Koorvers. Die groepwerk vir graad 2 word 16 Mei saam met die graad 3’s aangebied.
. Donderdag 17 Mei: Graad 4 Afrikaans en Engels, alle klasse.
. Maandag 21 Mei: Graad 5 Afrikaans en Engels, alle klasse. Die groepwerk vir graad 4 en 5 word 21 Mei saam met die graad 5’s aangebied.
. Dinsdag 22 Mei en Donderdag 24 Mei, graad 6- en 7, alle klasse. Die groepwerk vir graad 6 en 7 word Donderdag 24 Mei aangebied.

Bel die skool by 021 872 1730 vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.