Die Hoër Landbouskool Boland is slaggereed vir sy jaarlikse Interskole-stryd teen die Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal. Vanjaar se kragmetings word in die Agter-Paarl gespeel. Die o.19A-span speel Saterdag (10 Augustus) om 14:00 en die o.19B’s om 12:00 op Perdeberg se A-veld. Bo is die Landbouskool se sjampanjenooi, Misha Grobler, en die eerstespan-rugbykaptein, Karst Smits, met die dirigent Marius (Ossie) Kellerman wat oor hul skouers loer.Foto: