Twee o.15-tennisspanne van die Hoër Jongenskool Paarl het op 5 en 6 November aan die Maretha Burger- gemengde tennistoernooi deelgeneem. Die A-span het saam met die Hoër Meisieskool Paarl gespeel en die B-span saam met die Hoër Meisieskool La Rochelle. Die seuns in die B-span het die meeste van hul enkelwedstryde gewen of net-net verloor. Die A-span het met 10 punte voor Paul Roos/Bloemhof geëindig en die Maretha Burger- gemengde toernooi gewen.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.