Die Hoër Jongenskool Paarl bied Donderdag 6 Oktober met trots die C2M Noord vs. Suid-atletiekbyeenkoms aan.
Hierdie is beslis een van die grootste skole-atletiekbyeenkomste met skole uit die suide: HJS, Boland Landbou, Oakdale, Paarl Gimnasium, Paul Roos, Stellenberg en Fairmont, wat hul teenstanders van die noorde pak: Helpmekaar, Grey-College, Curro Hazeldean, die HS Waterkloof, die HS Zwartkop, Prestige en HS Randburg.
Die aksie begin om 10:00 by Buco-Brugstraat.

