Hillcrest United is weer op die wenpad ná hul oorwinning teen Young Blues van Koplande, Newton Park. Blues het gasheer gespeel vir Hillies, maar moes die knie buig in al drie wedstryde. Koplande se eerste span het die wedstryd teen ’n vinnige tempo begin en binne 10 minute het hulle 8-0 voorgeloop. Hillies het vinnig teruggekap en seker gemaak dat hulle nie agterbly nie. Die wedstryd het spoedig 15-20 in die guns van Hillcrest gedraai. Ná 80 minute van goeie rugby het Hillcrest United koning gekraai met 41-30. Puntemakers vir Hillcrest was Gilton Mangena [2 drieë], Mitchell Jacobs en Renaldo Young, asook ’n strafdrie. Burton Booysen het vier doelskoppe verdoel en twee strafskoppe. Bo storm die ervare Adriaan Swartz van Hillcrest voort met die bal. Hillcrest United pak die naweek Miracles op Pelikaan Park. Hekke open om 12:00 met wedstryde wat om 13:30 begin. Foto: Roswall de Vries