Aan die einde van ’n moeilike seisoen het Hillcrest United in Wellington sy spelers vereer by die jaarlikse bekeruitdelinggeselligheid wat in Wellington-stadsaal plaasgevind het.
Met almal nog in die Wêreldbekerrugbygees, was vanjaar se tema “World in union”. Onder die eregaste was die gasspreker vir die aand, Lee-James Cupido, wat kanker oorleef het en ’n groot inspirasie vir talle jongmense is.
Die volgende spelers was die wenners vir die aand:Beste voorspeler vir die derde span: Gihaino Carelse. Beste agterspeler vir die derde span: Jonewyn Pietersen. Beste voorspeler vir die tweede span: Wezal Zeeland. Beste agterspeler vir die tweede span: Curley Brown. Beste voorspeler vir die eerste span: Carlo van Greunen. Beste agterspeler vir die eerste span: Dylan Maart. Belowendste jong speler: Jevan August (Boland-o.20-kaptein), Trevino Pietersen, Gihaino Carlese en Franco Hendricks (Boland-o.19-span). Jevan is ook as die speler van die jaar aangewys.
Maart het stof in die manne se oë geskop as spelers se speler van die jaar asook die speler wat die meeste punte aangeteken het (19 drieë vir die seisoen). Hillcrest se sportman van die jaar is Dylan Maart en hy het ook hierdie jaar die tradisionele sportmanbaadjie ontvang.