Hillcrest United van Wellington het die afgelope naweek Evergreens van die Paarl met die stert tussen die bene huis toe gestuur. Hillcrest se eerstespan beklee tans eerste plek in die Witsentraal-streek van die Boland se Grootuitdaag-kompetisie. Die tellings was: 3rde span 33-20, 2de span 12-28 en 1ste span 36-17. Puntemakers vir die eerstespan was Carlon Carolissen [2 drieë], Gilton Mangena [1 drie], Keanu Gertse [1 drie] en Ethan Albertus [1 drie]. Kieran Dreyden het geslaag met 2 doelskoppe en Kyle Marthinus met twee doelskoppe en ’n strafdoel. Die tweede ronde skop 1 Julie af wanneer Hillcrest United kragte gaan meet teen Hamlet van Prins-Alfred-Hamlet op Pelikaanpark. Foto: Roswall de Vries