Hillcrest United-spelers verdedig bankvas teen die manne van Wolseley.Foto: Roswall de Vries


Hillcrest United het die naweek weer oorwinning gesmaak met ’n bonuspunt- oorwinning teen Wolseley in dié se agterplaas op die Montana-sportterrein.

Die besoekers het weer eens daarin geslaag om al drie wedstryde te wen – die derde span met 19-11, die tweede span 11-8 en eerste span 31-25.

Dit was ’n klipharde stryd tot aan die einde, en Hillcrest se rotsvaste verdediging is tot in die laaste minuut van die wedstryd beproef.

Spelers wat voorlangs vir die besoekers uitgestaan het, was die veteraan Adriaan Swartz, Zainodien Patel, Marshall Afrika en Ridger Hendricks. In die agterlyn was Kyle Marthinussen, Mitchell Jacobs, HR Claasen en Jeandre Abrahams dodelik. Marthinussen is as Speler van die wedstryd aangewys.

Drieë is gedruk deur Mitchell Jacobs, Gilton Mangena, Adrian Swartz en Marshall Afrika. Ethan Vorster het drie doelskoppe en ’n strafdoel aangeteken en Kyle Marthinussen een doelskop.

You need to be Logged In to leave a comment.