Hillcrest United van Wellington het die afgelope naweek kragte gemeet in ’n vriendskaplike wedstryd teen Young Hamiltons van Worcester. Nie eens die hitte van Wellington kon die spanne keer om goeie hardlooprugby op te dis nie. Die tuisspan het al drie wedstryde van die dag gewen. Die derde span het 19-12, die 2de span 22-18 en die 1ste span 35-12 behaal. Bo met die bal is Reyaaz Deshean van Young Hamiltons, wat gestuit word deur Ryan Persence van Hillcrest met Hugh-Reece Claasen wat bystaan. Foto: Jovan-re Warnick Cupido