Hillcrest United se rugbyspelers is Saterdagaand na afloop van hul goeie rugbyseisoen vereer.Foto’s: Roswall de Vries


Hillcrest United RK van Wellington het verlede Saterdag sy spelers ná ’n suksesvolle rugbyseisoen vereer.

Vanjaar se tema was “The Best of Hillies 007” en almal teenwoordig het spoggerig opgedaag vir die geleentheid. Onder die eregaste was die gasspreker, die oud-Sprinkbok- afrigter Peter de Villiers.

Die klub vier volgende jaar sy 25ste bestaansjaar en is vroeg verras met ’n tjek ter waarde van R12 000 van die wykraadslid Christephine Kearns, die raadslid Jovan-re Cupido en die wykskomitee van wyk 10.

Die volgende spelers was die wenners in hul onderskeie spanne:

Beste voorspeler, derde span – Jean Marthinussen, Beste agterspeler, derde span – Emile Jacobs, Beste voorspeler, tweede span – Colin Africa, Beste agterspeler, tweede span – Jeandre Ahrends, Beste voorspeler, eerste span – Adrian Swartz en Beste agterspeler, eerste span – Shedick Benjamin.

Die groot wenner vir die aand was die veteraan Adrian “Manie” Swartz. Swartz het vanjaar weggestap met drie toekennings.

Die wenners van die hoofpryse was Carlon Carolissen – Mees getroue en toegewyde speler, Curtley Brown – Hillies-7’s- Speler van die Jaar, Kieran Dreyden – Meeste punte in die klub, Adrian Swartz – Spelers se Speler van die Jaar; Gilton Mangane – Ondersteuners se Speler van die Jaar. Dit was ’n emosionele oomblik toe Swartz, wat reeds meer as 20 jaar die klub dien, die toekenning met trots voor ’n staande gehoor ontvang het.

Carlon Carollisen is Sport­man van die Jaar en hy het ook vanjaar die tradisionele Sportmanbaadjie ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.