Die Hillcrest Primêre Skool in Wellington het die afgelope Woensdag (29 Januarie) sy jaarlikse balkie-oorhandiging-seremonie vir die prefekte en hoofleiers van 2025 gehou. Past. Henry Jacobs van Wellington was die gasspreker en het die leiers ’n woord van bemoediging vir hul termyn gegee.Foto: Verskaf