Hillcrest United het Delicious van Ceres op hul tuisveld verslaan om hul eerste plek op die punteleer van die Boland Grootuitdaag-kompetisie in die Witsentraal-streek te versterk. Die span van Wellington het die knoop met 32-26 deurgehaak. Komende naweek is dit weer derby-tyd op Pelikaan-park, waar Hillcrest United en Newtons mekaar die stryd gaan aansê. Hekke open reeds om 10:00 met netbalwedstryde wat om 11:00 begin, en rugby vanaf 13:30. Toegang beloop R20 vir volwassenes, R10 vir kinders, R10 per voertuig en is gratis vir pensioenarisse.Foto: Roswell de Vries
Credit: SYSTEM
Hillcrest, jou doring!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.