Hillcrest United van Wellington is tans die pasaangeër in die Witsentraal-streek van die Boland se Grootuitdaag-kompetisie. Hillies het die naweek met Hamlet-Ceres afgereken deur al drie wedstryde voor ’n groot skare op Pelikaan Park te wen. Uitslae van die onderskeie wedstryde was derde span 34-15, tweede span 29-0 en die 1ste span 18-10. Puntemakers vir die tuisspan was Conroy Eiman [1 drie], Keanu Gertse [1 drie], Kyle Marthinus [1 doelskop en 1 strafskop] en Burton Booysen [1 strafskop]. Hier is Hillcrest se agsteman, Geoffrey Allies in aksie met die bal. Hillcrest United en Roses United sê mekaar in ’n Wellington-derby die komende naweek in Boland-stadion die stryd aan. Die eerste wedstryd wat om 13:30 afskop en die hoofwedstryd om 16:00. Foto: Roswall de Vries
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.